Jongste aktiwiteit:

Skokgolwe

as ek maar net geweet het
my dierbare blouoog pragtig

wanneer daardie sirens loei…..
vloei die skokgolwe my binneste

beleef ek die oomblik in pyn
my kind in daardie ongeluk

as ek maar net geweet het
my dierbare blouoog pragtig

dat jou oë reeds die storie vertel het
en ons nie ag geslaan het daarop

die noodkreet van nagte uit
op plekke ver in doolhowe verby

te besig met ons eie dinge
jy liefde elders gaan soek

as ek maar net geweet het
my dierbare blouoog pragtig

het ek veel eerder tyd gegun
jou vriende beter leer ken

vandag weet ons van beter
jy oortref jou grootword jare

met liefde nou aan ons gewy
beleef ons dankbaar jou hartstog

as ons maar net geweet het
my dierbare blouoog pragtig

Louisa van Vliet ( Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed