Jongste aktiwiteit:

Rooiwyn

van jou ken ek maar min
want drinker is ek nie
maar aan ander se stories
kry ek die kloutjie by die oor

hoor ek hoe jy gerol word
om en om in mond
sekere maniere word jy getoets
klinkende glasies jou manier

stadig maar tog met gevoel
rol die oë wanneer hul proe
rooiwyn, eksoties is jy gewis
‘n luuksheid in format

geniet kan hulle jou
solank dit nie ek is nie
respek is daar van my kant
gevul met klinkende glasies

klink ek my glasie
teen rooiwyn
my sagte drankie
tasbare tog sag op my mond

Eerbare drankie aan wyn gebring
gedrink, gemeet en gerol
my hartewens ‘n druiwekorrel
uit die wingerd ongeskonde

Louisa van Vliet (Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed