Terugkom
Terugkom
My vierjarige kleinkind vra
ouma kan mens terugkom aarde toe
as jy eers in die hemel is?
ouma is stomgeslaan oor die diep vraag
maar hoor die woorde uitkom
ja my kind mens kan
mense kom as engeltjies terug aarde toe
maar die kind is nie tevrede nie
nee, sy wil nie hemel toe gaan nie
sy wil ook nie ‘n engeltjie wees nie
ouma moet ook nie oud word nie
oumense gaan hemel toe
en hemelmense kom nie terug nie
en toe bedink ouma die woorde
en wonder oor die antwoorde
wat grootmense so maklik gee
ons wil troos, dit sagter maak
vir onsself ook
maar ouma verstaan self nie
hoekom hemelmense nie so af en toe
kan terugkom aarde toe nie
een ding weet ouma egter verseker
as mens hemel toe gaan
kom jy nie terug nie
not a damn – feite!
en vir die wat agterbly
dit suck!
maar vir eers moet kindertjies glo
in kersvader en die tandemuis
en dat hemelmense kan terugkom
aarde toe
© Elisma van Zyl
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek