
Hoorsê
Hoorsê
af en toe hoor ons ‘n stem
galbraak neurie hy ongetem
presies op noot sy hoongelag
kompleet met twyfel ingewag
sonhelder skilder hoop ‘n nuwe dag
oor hooggebergtes straal jou glimlag
dan bulder riviere weer in fluviale vloed
woorde skiet op teen weerligspoed
herwinde ink val neer soos ‘n stormbui
kontinue hoorsê jou verniet laat ly
herbewapen keur die filantroop terug
jou ondergang was ‘n blote klug
©️Wendy Leigh
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek