Jongste aktiwiteit:

Paradigmas

Paradigmas

Beespaadjies uitgetrap
padkaarte in jou kop
jy loop soos pa geloop het
en sy pa se pa
jy ken niks anders nie
afdraaipaadjies is van die bose
bewaar jou siel
ongelowige Thomas

dood bring jou by ‘n kruispad
en die spore verdof
jy bevraagteken en verken
bedink die seerpaaie
wonder oor Noag in die ark
Jona in die vis
Auschwitz en apartheid
wit gepleisterde grafte

Versigtig trap-trap jy
nuwe paadjies uit
horisonne verskyn
die sluier word gelig
en toe is God se oë
al die tyd
nie blou nie
nie

(c) Elisma van Zyl




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed