Niemand toe iemand
gister was mooi, gister was blink
met môres wat vreesloos vir ons wink
na beter, beste, enigste, tog… alleenste
parke was skoon en geboue hoog
en elke gedaste, getaste was iemand
maar ons almal was niemand
en toe… ontplof (covid) die onbekende
en laat ons vol skete en ellende
maar leer ons hardhandig om te bid…
nou’s geboue gekleurde murasies
en parke vol gelapte gedastes
en natuur bring roekeloos samesyn*
© Cornien Naudé
30/04/2022
17h40nm
*Natuur rampe
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Wendy Leigh
Hartseer realiteit pragtig geskryf, baie dankie❤️