die flou son (SILWER)
die flou son
aan moedersknie het jy my soveel dinge kom leer
veral jou liefde vir musiek, ons kon kitaar tokkel
hoe dikwels het jy my vasgehou – “jou pokkel”
jy wou altyd vir my alles gee wat my hart begeer
my mamma, jy kon so baie doen met so min
jy wou nooit hê ek moet my oor iets bekommer
sou altyd grappenderwys sê: “ag, net sommer”
my van kleintyd geleer van: besin eer jy begin
en toe … word jy siek en die lag verdwyn net
so blymoedig vir ons laat verstaan: alles is reg
op ʼn dag kom die oproep – my mamma is weg
die dag waarop my son flouer begin skyn het
©Marlene Erasmus
30/04/2022
5 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek
-
Seirdna
Hartroerend Marlene
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Wendy Leigh
Hartseer en tog so mooi geskryf, baie dankie ❤️