
Geklee in poëtiese taal
Geklee in poëtiese taal
onbeskrewe vel papier
leeg wag jy geduldig
my pen vleg spraakkuns
jy smag na my gedig
ek skryf jou lyne vol
deurweek met moedertaal
jou blanko-siel versier
en toe is jy nie meer kaal
die woorde trek jou aan
opgetower in letters
‘n bundel vol geskryf
geklee deur kundige vingers
©️Wendy Leigh
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Mooi Wendy