Jongste aktiwiteit:

pyn in die puin (SILWER)

pyn in die puin

weervoorspelling en berigte van swaar reën
goeie neerslag word altyd gesien as ʼn seën

huilend die wind wat bome grondwaarts buig
stygende strome water wat stilweg getuig:

ergste natuurramp in heugenis van die mens
alle oë gerig op Durban: in die wêreld se lens

“word wakker! kom uit die huis!” doodsbenoud
klink angsgille op uit die donker – so koud

vier dae se volgehoue reën vee alles weg
wyl mens en dier teen modder moet veg

en toe tref die besef: Hy bly in beheer
ongeag die seer, sal ons Hom bly eer

©Marlene Erasmus
30/04/2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed