Kleurvolle Josefskleed
Ek is een van die Evasvolk
wat bidblind broos
deur emosies kolk
soos wanneer die son
wil kartelbreek ook horison
dan tuimel ongebruikte
alfabetletters
in bont stiltes oor die
oewers van my praat
Hier hang ek verskeurde
lanferlappe van
anglisismes;
met engels bevlek
aan die winkelhak van
Afrikaanse genade
koop so ‘n nuwe vrede
Vreugdevol klee ek
myself met die HAT
en spelreëls van welleer
dan dans die letters in ink
soos ‘n kleurvolle Josefskleed
in ‘n nuwe jubelgesang
© Anzé Bezuidenhout
4 Kommentare
-
Arnold
"Hier hang ek verskeurde lanferlappe van anglisismes; met engels bevlek aan die winkelhak van Afrikaanse..." so word ons soete taal verbruisel onder hierdie anglisismes. Hou hiervan.
-
neels
Anglisimes is deesdae so alledaags! as die mense wat dit gebruik maar net wil besef hulle vermoor ons pragtige taal
-
Viooltjie
Goed gedoen, Anze :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ina
Ai Anze dit is baie mooi...