Jongste aktiwiteit:

tamar

groen hare blou lippe swart soene
betower my soos die dooies wy
kind van die kaas maan kopervuur
hare strooi-kaneel pienk swaan

roombruin vel gesig tande laggend
donker saffier skitter-skyn gelaat
smarag lemmetjie neon koel saffier
elektries-lemoen helder skadus

sterre lewend groen vinkel-vonkel
purper-rooi rok en swart borduur
laggend goud jakaranda bruid
vreugdes troue blydskap en fees

~ ~ ~

trou aan die droom die bron die hemel
die see die lug aan die reënboog
elke fontein tussen strand en skuim
bloed kruishout toringvestings

leeu-oë vlammend wolke ivoor en melk
blou bloedrobyne sing van dadelbome
maanskyn eensaam bleekwit pêreltjies trane
rein suiwer helder vonkel lag diamante

skarlaken pastel-sonop helder blou
konings dieprooi spierwit-skoon
op trone bekroon soos vors en dame
kleed pers en purper van adel

~

verlore-verlate duine smag skadu’s water
droë asem brand dra ‘n las ‘n swaar vrag
bedriegend dryf silwer skimme deinsend
hitte vloei swemmend ‘n blinkende glas

genadelose woestynwind sweep-sny
woedend-waai en storm-sand brand
goud wit swart en tier strepe
groot dood’s geel leeu son oë

wolke sweef kamele slinger-ry gedwee
stadig wiegend-waggel swaaiend
droog en dors na kristal-rivier waters
lafenis van te drink sterk diep teue

~

swaar donker wolke belowe druppels
stille vrede ‘n voor storm gebed
aarde dors smag na ‘n diep grys hemel
geduldig gewag skaars ylreën eeue

hemele hemels ‘n dors liefde lewend geles
aandwind troos suis deur palms en riete
waters-liefde gras sus singend groen biesies
spieël rippel sirkel ring ringe binne ringe

vreugdes fris bries wonderbaarlik koel
genades-reën van bo ruis spat en spoel
waters blou kabbel klippe palms groen
kamele kniel in gebed en danksegging

tamara

oase

fris vars koel kwikkend
tamar in die woestyn




2 Kommentare

  • Anze

    Omtrent n kleurfees.. baie mooi gepen

    • Tom Brown

      Ja dankie ek gebruik graag baie kleure soos, geel leeu son oë, Jakarandabruid, en smarag lemmetjie neon koel saffier elektries-lemoen. Soveel helder vrolike kleure laat 'n mens gelukkig voel. Soos 'n reënboog. Tamar is 'n Bybelse naam, "tamir" is Hebreeus en Arabies van oorsprong en is 'n palmboom of 'n dadelpalm. Die naam is vir my baie mooi.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed