Iewers
Iewers
Die ou wêreld is deurmekaar soos
‘n omgeklitste roereier en byna
oral in lande kook ‘n heksepot oor
daarom wil ek weg na Iewers
‘n ongekarteerde stil ou plekkie,
‘n vredesoase, net ek en die muse
so is afgespreek en die ontmoeting
is op die naaste horison, maar sy
ontwyk my al verder en verder tot
daar in die verweg lokkende mirages
en ‘n kat en muis spel geval my nie—
Die pad na Iewers is my onbekend
en daarheen het die muse sonder my
so stil-stil heen verdwyn—
Iewers se ligging is iewers,
en ek sal dit self nog vind,
die vredesoase
my ontvlugting en ewige vredesasiel
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.