Nuwe dag, nuwe lewe, splinternuwe geskenk!
Die nuwe dag is vir jou gegee as geskenk,
dat jy elke uitdaging sal oorrompel, en sal wen.
Wees dankbaar vir jou nuwe asem,
wees dankbaar dat jy gesond kon wakker word,
en dat jy kon eet, jy is nie rasend honger nie, jy’t niks te kort.
So lééf vandag asof dit jou laaste is,
em geniet jou geskenk uit die hand van Bo.
Vader is van al jou sorge bewus,
Hy sal dit beter maak, onthou om te bid, en glo!
Sien elke liewe struikelblokkie wat vandag in jou pad is,
as ‘n uitdaging, een wat jy sal kan oorwin,
want jy is deur alles in staat,
deur Hom wat vir jou die krag gee,
onthou om verhouding te bou en met Vader te praat,
dat wanneer jy hartseer is, Hy jou trane kan afveë.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.