Jongste aktiwiteit:

Sal Hy tevrede wees

Ek sit en kyk na die verby lopende mense en dink,
Sal Hy tevrede wees met die wyse waarmee ons leef?
Luister Hy hoe negatief ons meeste van die tyd klink.
Verstaan ons rerig waar oor alles gaan.

Ek lees van mense wat ander vir niks doodmaak,
Ek sien mense wat kinders vir die lekker seermaak.
Ek hoor hoe ons mekaar kritiseer en afkraak.
Sal Hy tevrede wees as hy sien wat ons alles maak?

Maar ek sien ook ‘n ouman hou nog sy vrou se hand,
Ek sien kinders help ‘n ou tannie oor die pad.
Ek sien die skoonheid in die natuur van hierdie land,
Maar waarna toe gaan al ons paaie ons vat.

Hoekom is daar mense wat lag en ander wat huil?
Hoekom is daar mense met huise en ander op straat?
Hoekom kan party nie loop nie, ander draf ‘n myl?
Hoekom? Het enige iemand dalk vir my raad?

Ek verstaan dit nie alles nie, maar een ding wat ek weet,
Is dat waaroor dit gaan dink ek het ons lank al vergeet.
Geloof, Hoop en Liefde vir mekaar het ek eenkeer gelees,
As ons net so kan leef sal Hy tevrede wees?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed