Kersfees
Ek’s al vroeg wakker van opgewondenheid,
Ek ruik die reuk van vars gemaalde koffie.
Die boom is al vroeg opgeslaan en
Oorversier met liggies en geskenke.
Tafels word lig dag al gedek in die tuin,
Dis ‘n groot fees van kos en wyn.
Hierdie jaar is dit koue vleis en slaai,
Laas jaar was dit die gekuier om die braai.
Buite onder die boom word gesels en gelag,
Almal is hier, almal saam en bymekaar.
Ja so gaan dit elke jaar kersfees.
Die geskenke word uitgedeel en oopgemaak,
Vleise word gesny en die wyne word gedrink.
Na die fees kry elkeen ‘n plekkie om te lê,
Almal raak stadig aan die slaap, een vir een,
Dis weer kersfees, maar hierdie jaar is dit anders,
Want die kersfees is ek alleen…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.