opdrag 4
en die leeus en monsters van die diep blou see
het die brood en wyn met vraatsug weggesluk;
krummels weggevee
en onder die swellings van branders
en varsvrotvleis
die genadeboot omgetiep;
die kuil se vloer het steeds spierwit, bloedloos
die eggo
eggo
eggo
teruggeskree;
en die leeus en monsters van die diep blou see
het steeds net
(weer)
GENADE gegee
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie