Sal jy my onthou
saans wanneer die son gaan lê
en die sterre uitstrek om nag te sê
en nag sy donker karos ontvou
(soos beloof) sal jy my onthou
wanneer wind roer deur dennenaalde
en sy sagte stem kom hang aan ons ore –
sal jy my onthou
al lê daar spatsels trane van berou
©Cornien Naudé
03/08/2018
4 Kommentare
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Viooltjie
Pragtige gedig, Cornien 😃
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Cornien
Skies Francois - dis Opdrag 4