Opdrag 5: In sinchronie
in jou oë
is die kleure van my palet
vasgevang en in mooi getooi
van rooi vir liefde
en geel vir sonskyn –
sien ek my beeld
wat teruglag en wink
na ‘n skoon skilderdoek
van nuwe môres
waar twee hande in volkome sinchronie
‘n nuwe prent
van gisters vergete
skilder
©callie 2018
14 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Loretta Szikra
Baue mooi geskilder Callie.
-
Elroux
Werklik 'n pragtige gedig Callie.
-
charne
Dit is baie mooi geskryf.
-
Driekie
Pragtige woordskildery, Callie.
-
Cornien
Pragtig Callie!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed geskryf, Callie ☺