was ek maar ’n stuk poësie in liedtekste omskep om vir die voëls voor te dra sou mossies dalk die note sing nou waai my gedagtes rond is ek stom en kan nie praat nie seer gee geboorte aan ‘n stem want my siel hunker om soos musiek te wees tog ontdek ek […]

deur lewensbane en dimensies het twee geeste ver geswerf … verlang na ‘n plek wat voel soos huis gewag op die uur waar tuiskoms uiteindelik ‘n ‘welkom’ vier binne die ewige bestek van tyd twee weë geweef bestem om mekaar te vind is sielsgenote saamgebind waar woorde tuimel soos wet beveel deur God se orde […]

Goue trane val oor haar bleekwange die môreson se lig flenters gegooi seer gebosseleerde letsels in rooi bring ‘n bitter brose sielsverlange as sy net weer die vuur in hom kon plaas sou liefde nie ‘n laaste asem blaas

Verlore ure waai soos windasem blou berge hoor my hart se uitingsvers vou dit knus toe onder jou rotskombers waar wêreldpligte verdamp in wasem sodat tyd ‘n ruk by my mag stilstaan opgesluite drome weer voort kan gaan ©️Wendy Leigh
My huis, my musiek Vannaand speel my musiek saggies tussen wondergesiggies soos engele vas aan die slaap julle stemme is my musiek julle geraas ‘n meesterstuk die gelag my lofprysing selfs die gekla stuur my in diep verwondering elke noot ‘n lewensmelodie lirieke vanuit die hemel dit speel voor my af soos ‘n skouspel hier […]

Die Velde Smag my siel verklaar soos blomme kleurryk by liefde aard soos hisop in my hart groei dat jy die een is wat daarin pas in my diepste wese hou ek jou vas soos tapisserie borduur elke oomblik bewaar saam met jou geweef teen my binnemuur elke uur die fynste besonderhede onthou jy is […]

Vasdans wilge jou takke om my middel swaai my wiegend heen en weer streel die binnekant van my seer laat ons vasdans mekaar se siele opbeur neem jou blare skerm my wanhopige skaduwee uitgeteer en op liefde opgegee ek soek al so lank na jou ‘n bas vol krake om my nerfaf te skuur van al die […]

Geklee in poëtiese taal onbeskrewe vel papier leeg wag jy geduldig my pen vleg spraakkuns jy smag na my gedig ek skryf jou lyne vol deurweek met moedertaal jou blanko-siel versier en toe is jy nie meer kaal die woorde trek jou aan opgetower in letters ‘n bundel vol geskryf geklee deur kundige vingers ©️Wendy […]

Hoorsê af en toe hoor ons ‘n stem galbraak neurie hy ongetem presies op noot sy hoongelag kompleet met twyfel ingewag sonhelder skilder hoop ‘n nuwe dag oor hooggebergtes straal jou glimlag dan bulder riviere weer in fluviale vloed woorde skiet op teen weerligspoed herwinde ink val neer soos ‘n stormbui kontinue hoorsê jou verniet […]

𝕆𝕡𝕘𝕖𝕖 𝕜𝕣𝕖𝕖𝕥 (bewusmaking van depressie in hierdie tye) Ek sien myself neergevel op bodems van eindelose val die swaartekrag trek my oormoeg liggaam verder na die mal die verlore gevoel wat in my ore suis ek val en val en val…. …. ….✟ hierdie is my noodkreet hierdie is my geperforeerde uitlaatbuis hierdie is hoor […]



