Jongste aktiwiteit:

Wet van liefde

deur lewensbane en dimensies

het twee geeste ver geswerf …

verlang na ‘n plek wat voel soos huis

gewag op die uur

waar tuiskoms uiteindelik ‘n ‘welkom’ vier

binne die ewige bestek van tyd

twee weë geweef

bestem om mekaar te vind

is sielsgenote saamgebind

waar woorde tuimel soos wet

beveel deur God se orde

sal man aansluit by sy vrou

die gesinsvisie bymekaar hou

hulle deel ‘n onsigbare taal,

tog harmoniseer hul siele saam

in hul sterre-oë

wat liefde se suiwer vonk uitstraal

klop passie vanuit ‘n onuitputlike bron

kadens staan hul hand aan hand

komplementêre wesens

voltooi mekaar

net soos die maan en die son

met elke aanraking

‘n oplewing

word hul siele verlig,

gekonsolideer

om Skepper daardeur te vereer

in lofprysing

soos ‘n gawe van die Heer

word harte ingeryg

deur ‘n ewewig

bymekaar gehou

binne die kring van ware vrede

vind hul volheid

in mekaar se nabyheid

word alleenheid finaal beëindig

©️Wendy Leigh




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed