dit groei op jou (Silwer)
fluweelsag kus marmergroen jou oog
buitensporige digte groen loog
drasties onprakties takties
kleinspoortjies soekend na matrassies
hoe maklik stap jy verby
te bang om jou voet te laat gly
meegevoer in tapisserie van mos
bedag op watter prys dit jou kos
net die Skepper kan só volmaak weef
om opnuut aan lewe te kleef
o my siel hier is ryke stof
pitkos vir die komende skof
hurk by die weelde van mos
wikkel die dramaturg in jou los
mag dit in jou diepte wek
daar by jou eie mosbedekte plek
© Francois Meyer Julie 2023
3 Kommentare
-
Dale Penderis
Dit is voorwaar n briljante vers.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek