Jongste aktiwiteit:

Paradoks

Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop

Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees

Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal

Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel

n oomblik was genoeg om alles te verander

Vir n tydstip het jou asem
dieselfde vrae geroep
En net betyds kon ek nie antwoord nie.

Ek het deur jou oe gegil
toe daai ‘klank’ myne tref
Bitter bekend vreemd ervaar….
My hart moet net bedaar
Ek probeer redeneer, maar hoe kan ek
Jou siel donner soos n bliksemstraal
perfek op myne neer.

Nou weet ek die oomblik is gestrengel in my kop
Waar vrae en rigting en watookal
My reis se toevlug word

N. Cloete
C. Pelser




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed