So ontsteld ……………., (oor ek nie kon sê nie)
Ek het deur die newels heen gehoor
toe dokter Schoeman sê;
“So jammer, Pine, my ou maat,
maar die gehoor is die laaste sintuig
om die lewe te laat,
heelwaarskynlik kan sy ons nou hoor,
dus kan jy maar vir oulaas jou liefde betuig,
vir oulaas jou hart teenoor haar oopmaak,
vir oulaas dalk om vergifnis pleit ……..
En toe jy dít
(waaroor ons al vir dertig jaar stry),
naamlik jou ontrouheid aan my
ja, jou diepe val vir daai rooikopflerrie
so tranerig bely,
was ek so ontsteld oor ek nie kon sê:
“jou vark! ek het jou dit mos al die jare gesê”,
ja, so ontsteld,
dat my asem my liggaam daar en dan verlaat het.
nog voordat ek jou,
jou sonde kon kwytskeld.
©Elizabeth Greef
6 Kommentare
-
-
neels
puik geskryf. Harde woorde
-
Koekekranka
Ai, Kelkiewyn, nie ietwat kras nie...? Die beste wat ek in 'n baie lang tyd onder oog gehad het oor 'a women scorned'!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Puik Elizabeth