Jongste aktiwiteit:

KAROO, GOED VIR JOU SIEL…

Heerlik skyn die son oor die Karoo-vlaktes,
pragtig sing die voëltjies in die bome op die plaas.
Word dit daagliks ons lewenslied,
so mooi in geluid en melodie.
Hoor en voel hoe word jou dag so opgetoor,
kan mens ook elke dag dankbaar wees,
en die skoonheid van die Karooo bekoor.

Sing saam, want dis die pragtigste lewenslied,
word elke gryntjie van jou lyf, menswees en siel weer nuut.
Kom jy hier aan met ‘n glimlag op jou wang,
maar jy’t trane in jou oë die dag as jy hier weg moet gaan.
Ons moet dankbaar wees vir hierdie prag geskenk,
voel hoe die Karoo elke dag meer en meer van jou hart wen.

Pragtig gaan die son weer onder laat middag,
sit jy, kyk en staar met die grootste glimlag.
Jubel en juig die voëltjies dan steeds,
raak jy verslawend daaraan,
of is jy dalk reeds?

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed