Jongste aktiwiteit:

Teerheid

Teerheid

Die mens het ‘n onbewuste teerheid,maar
dis instinktief by die dier, en gewaar die
hen ‘n valk wat in die lug bokant hulle
sirkel kloek sy ‘n waarskuwing en die
kuikentjies kruip onder haar vlerke in
en die wildsbokkies waak en steek hulle
lammertlies weg in obskure lêplekkies —
Teerheid is by die mens ‘n innerlike ingesteldheid
en dit straal uit die oë en hele wese en ‘n tere
aanraking kom nie net van goed versorgde fyn
hande nie, want hulle is soms hard en meedoënloos—
Harde werkershande is ook net so teer en
kan saggies oor ‘n wang streel en ‘n babatjie
sag en teer aan die slaap sus en sagkens
‘n donsige kuikentjie of voëltjie versigtig in
die holte van sy sterk hande hou—
Niks oortref ‘n moeder se tere sagtheid met
haar baba aan haar boesem nie en wie of wat
kan ooit Sy kruishoutliefde en teerheid oortref
as hy sê:
Kan ‘n moeder ooit haar suigling vergeet?

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed