Ou Koeie
Koes-koes, eina!
My kop is al foosseer
van jou traandrupgekef,
ja, van al die ou koeie
(maar min wat tref),
wat jy vandag weer teen hom aangooi –
en nes ek dag die sloot is nou leeg
dan kom jy met nog ñ halfdosyn speenkallers
oorhoeks opdreef.
Maar toemaar, hoor my lied,
eendag se eendag
gaan ek hulle algar sowaar
nog morsvrekdoodskiet!
Tssssssssk, ………….. ja.
©Elizabeth Greef
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Kostelik!