Ek WIL net gou iets oor die maan sê
gisteraand se groot maan
het oor die Bolandberg geklim
daar was oker, daar was vuur
in die volrond van sy glim
kortstondig was sy uur
en ek wou dit met jou deel
maar teen kwart-oor-sewe, Kaapstad
was die maan bloot silwergeel
© C. Shaw
19 Augustus 2016
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi