Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)
Ek’t maar net vandag gewonder
hoe dit met jou gaan. Ek het weer
laasnag so sleg geslaap, en toe maar
vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies
is al om my, hul speel heeldag
op die bed. So, ek voel nooit juis
alleen nie, dis als plesier en pret 😃
Dinge by die werk sukkel egter nou,
maar ek sal nie daaroor uitwei nie,
want dalk verveel dit jou.
(Ek sien vriende is daar baie
op ‘n fb-blad te kry, maar die media
op fb is soms te sosiaal vir my.)
Die berg was weer so diep vandag,
die son was weer so rooi. Ek stuur vir
jou die foto, want dis net só verskriklik
mooi. Maar ek wou jou net laat weet het,
dis nog droog hier in die Kaap (my nag
is ook soms donker)
. . . en jy moet lekker slaap
© C. Shaw
13 Augustus 2016
3 Kommentare
-
-

Arnold
Ek bly maar by die papier versie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis nou baie mooi