Jongste aktiwiteit:

Deurgetrapte drumpel

jou drumpel was deurgetrap
my huis, my siel, my lief
hoe het ek toegelaat dat tyd
jou so eindloos verniel

verkalk, verbleik met onthou se verwyt
het jou laaste groet geraam in my martelaarsdeur
en hom herhaal in wind se lied keer op keer
brand jou kar se dakliggie met jou laaste kus
jou laaste groet
my lief, ai my lief…

hoe kon ek weet dit was ons laaste
ons laaste vir altyd…
ek’t gedink jy kon my nie sien
waar donker my beeld ingesluk het

…ek het nie gegroet nie…, net gekyk
hoe jou dakliggie brand, jou kus
en die donker wat saam met jou
gegroet het, die donker-donker buite

nou het stof hom tuisgemaak
in elke hoek en my voetspore knars,
weergalm deur elk’ leë vertrek
wat hol en leeg terug antwoord

my lief, my hartlam
jou liefde se laaste kyk
loop soos sonlig
se loer deur elke vensterluik

en jou laaste groet
spookloop…
en laat my denke kruppel
met elke onthou
oor elke drumpel
van ons woning

© Cornien Naudé
28/08/2022




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

2 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2022 My huis is my woning projek

  • Koos Elsum

    Die gedig bind vir my die mens & huis gevoelens so goed aanmekaar waar altwee woon. Dankie seer maar mooi. In my siening sou ek die twee reëls “ jou laaste groet my lief, ai my lief…” & “oor elke drumpel van ons woning” weglaat en die leser toelaat om sy eie emosie gebeurtenis in te vul, maak gedig meer universeel

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed