Jongste aktiwiteit:

OKTOBER 2022 – Liriese projek – Kommentaar en uitslae

Oktober 2022 – Liriese projek – Kommentaar en uitslae

Baie geluk aan hierdie 12 lede!

Wenners
Gedigte
Brons
(1) No 7 Von Villon met Ek is die vers
(2) No 14 Martin van Rensburg met Woorde
(3) No 8 Martin van Rensburg met Hooglied

Silwer
(1) No 13 Elize Kruger met Namakwaland
(2) No 16 Amanda De Meillon met Lente ontwaking
(3) No 17 Suzette Strydom met Tydlose trein

Goud
(1) No 15 Loretta Szikra met Stilswye
(2) No 22 Andries Fourie met Sononder by trekoskraal
(3) No 5 Anzé Bezuidenhout met Verpulpte trane

Meningstukke
(1) No 1 Von Villon met Ons is nog op die bottel
(2) No 3 Marlene Erasmus met Ek stap my pad met blymoedigheid
(3) No 2 Von Villon met Waarom bly mense in verhoudings waarin daar herhaaldelik op hulle verneuk of vir hulle gelieg word?

Rubrieke
(1) No 1 Driekie Grobler met Lente-mooi
(2) No 3 Marlene Erasmus met As die Jakarandas bloei
(3) No 2 Ano met Blommelicious

Artikels
(1) No 1 Marlene Erasmus met Die ontstaan van liriese poësie

Verhale
(1) No 1 Riaan Palmer met Onvoorwaardelik te laat

Lees die wenners se werk hier: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/

KOMMENTAAR

Gedigte
BRONS

2. Bietjie is genoeg
Ek hou baie van die beelde in jou vers. Dit is lewendig en tasbaar. Ek vind die vers egter woordswaar en ek dink met effe redigering kan dit selfs ‘n sterker vers word. Die vers is wel liries soos die opdrag vra en daarvoor moet ek jou komplimenteer.

3. Ek verloor
Die vers sluit nie vir my so sterk soos hy afskop nie. Die eerste twee strofes is baie sterk en mooi. Die vers in geheel is goed en het mooi gehoor gegee aan die opdrag.

6. swart
Die vers is kort en bondig. Dit is ‘n mooi poging.

7. ek is die vers
Dit is ‘n besonderse sterk vers wat grootsheid oordra op ‘n klein spasie. Welgedaan.

8. Hooglied
Ek hou van die vers. Die titel hooglied is natuurlik al telke male gebruik en omskryf maar jy vind tog ‘n effe varsheid daarin, Mooi gedoen.

14. Woorde
Alhoewel ek sommige van die sinne effe lank ervaar, kan ek jou motivering daarvor insien. Pragtig inhoud en goeie konstruksie. mooi gedoen.

25. Oktober se blomme mooi
Ek sou wou sien dat jy ‘n meer innoverende titel vir hierdie vers soek. Daar is ook hinderlike herhaling wat ek nie persoonlik dink dra by tot die funksie nie. Nietemin, ‘n goeie vers met kleurvolle nuanses.

SILWER

1. dit is…Oktobermaand!
Jou titel is nie baie innoverend nie. Die inhoud is keurig.

9. konsolasie
Interessante titel. Die inhoud is keurig en bondig. Ek hou hiervan.

11. Veto
Dit is ‘n goeie titel wat die inhoud sterk verteenwoordig. Ek weet nie hoekom nie, maar dit voel asof die vers stomp sluit. Keurig en getrou aan die opdrag.

12. Tuiskoms
DIe alliterasie hierin is mooi. Ek hou van die inhoud wat liefderyk en teer is. DIe vers sluit baie mooi.

13. Namakwaland
Dit is ‘n uithaler vers. Jy het die leser betrokke gemaak deur die mooiste beelde lewend te skets. Baie, baie mooi.

16. Lente ontwaking
Dit is ‘n kragvers in terset vorm. Maggies, maar ek is beïndruk. Welgedaan.

17. Tydlose trein
Die vers skets in ou bekende prentjie en nie nét vir die treinliefhebbers nie. DIt is nostalgies en pragtig.

18. Ware geloof.
Dit is ‘n keurige, kragtige versie. Welgedaan.

19. Waar my hart blom
Pasop vir herhalende woorde wat nie tot die funksie bydra nie, bv. (op op / klippe klippe). Herhaling (om klem te plaas) is soms belangrik maar dit moet funksioneel wees.

20. Simfonie in pers
Ek sou nie “Jakaranda” in die vers herhaal nie. Jou leser weet mos reeds dit is waaroor jy skryf. Die vers is nietemin keurig.

23. klein oomblikke
Dit is ‘n interessante vers met oulike beelde. “Skryf-lier” is ‘n oulike beeld.

24. lentevreugde
Dit is mooi vaarwel aan die koue, en ‘n grasieuse verwelkoming van die kleurvolle niuwe seisoen. Mooi gedoen.

GOUD

4. Nare ontwaking
Die beeld hierin is baie sterk; amper gewetenloos. Dit is vir seker ‘n sterk gedig, Keurig.

5. verpulpte trane
Dit is ‘n beeldryke vers. Kragtig en uitgesoek met goeie beelde. Welgedaan.

10. Kuier by die Kaap
Nie vir my op goud standaard nie…golfies…windjie…veldblommetjies…fynbossies… nee!

15. Stilswye
As ek moet tel hoeveel digters al oor granate en die rooi daarvan geskryf het, sal ek ‘n rukkie besig bly. Jy het dit egter meer vars aangepak. Keurig.

21. My tortelduifdief
Keurig. Dankie vir jou deelname.

22. Sononder by trekoskraal
Die beelde hierin is tasbaar en mooi. Die aanbieding is keurig en dit neem die leser op ‘n reis. Mooi gedoen.

MENINGSTUKKE

1. Ons is nog op die bottel
Die meningstuk lees keurig en die aanbieding, veral met so ‘n onderwerp, is teer en pragtig. Welgedaan.

2. Waarom bly mense in verhoudings…
Onthou, mens skeer mense “oor” dieselfde kan en nie “onder” nie. Die meningstuk is natuurlik subjektief maar dit is waaroor hierdie afdeling gaan – ‘n eie opinie, Keurig.

3. Ek stap my pad met blymoedigheid.
Dit is ‘n aanmoedigende skryfsel hierdie. Vreugde is ‘n keuse, of hoe? Mooi gedoen.

RUBRIEKE

1. Lente-mooi
Pragtige rubriek wat die leser natuurlik geheel “groen” van jaloesie gelaat het. Mooi geskryf.

2. Blommelicious
Interessante titel. Mooi en keurige rubriek.

3. As die Jakarandas bloei
Pragtige rubriek. Welgedaan.

ARTIKELS

1. Die ontstaan van liriese poësie
Baie deeglike navorsing. Keurige werk en heerlik om te lees.

VERHALE:

1. Onvoorwaardelik te laat
Dit is ‘n roerende verhaal. Dankie vir jou deelname. Welgedaan.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed