
Skokkende feite i.v.m. moord op Suzie Horn onthul.
Skokkende feite i.v.m. moord op Suzie Horn onthul.
Die 66-jarige man van die geliefde skrywer Suzie Horn (56) het vandag in die Pretoriase hof verskyn nadat hy verlede Vrydag, na ʼn lang polisie-ondersoek, in hegtenis geneem is weens ʼn aanklag van moord. Suzie Horn, bekende skrywer en sosiale vlinder, is op 01 Oktober koelbloedig geskiet in hul spoghuis in Smitstraat, Moreleta Park. Haar man, Hein is in dieselfde voorval skrams in die been getref. Haar omstrede treffer: “My lewe saam met ʼn narsis”, het toe pas verskyn.
Volgens die aanvanklike verklaring is hulle oorval deur twee gemaskerde mans toe hulle reggemaak het om vir die aand bed toe te gaan. Hulle was nog in die kombuis besig om water te skink. Daar is geen tekens van inbraak gevind nie.
Hein is verlede Vrydag in hegtenis geneem by die Waterkloof Golf Klub tydens ʼn golfspeel-sessie met sy vriende. Die arrestasie het plaasgevind nadat polisie die moordwapen gevind het wat in sy naam geregistreer is. Forensiese toetse het bevestig dat dit die vuurwapen is wat gebruik is tydens die voorval waar Suzie Horn noodlottig gewond is.
Volgens die skrywer se enigste dogter, Ilze kon die polisie nie inbraak as motief van die moord bevestig nie aangesien niks van die egpaar se besittings vermis was nie.
Van die egpaar se bure, wat verkies om anoniem te bly, beweer hulle het die betrokke aand skote gehoor, gevolg deur gille. Hulle het ʼn man benoud hoor skree: “Help! Help ons!”
Dieselfde bure het ook hulle verbasing uitgespreek dat die polisie hulle nie dadelik genader het nie. Hulle hou vol dat hulle duidelik gehoor het alles is nie pluis nie. Daarom het hulle ook die noodnommer geskakel om die voorval aan te meld.
Die tragedie het omstreeks 20:00 op 01 Oktober afgespeel.
Nadat die polisie op die toneel aangekom het, het die ambulans vir Hein, wat ʼn beenwond gehad het na die hospitaal afgevoer.
Die egpaar was vir tien jaar getroud. Op die oog af was die huwelik volmaak en gelukkig. Hein was die volmaakte prentjie van ʼn liefdevolle man.
ʼn Baie naby vriendin van Suzie het egter in ʼn onderhoud vertel dat Suzie se geaardheid oor die afgelope paar jare baie verander het. Skaars maande na die huwelik se aanvang het die borrelende Suzie al stiller begin word. Sy het mettertyd meer senuweeagtig en angstig geraak en het in haar skryfvermoëns begin twyfel. Sy het haar oor die verandering gepols en Suzie se woorde was: “Hy is lief vir my, ek verstaan dat my bekendheid vir hom ʼn bedreiging is, maar ek weet hy sal my nooit seermaak nie!” Suzie het mettertyd so in haar vermoëns begin twyfel dat sy vir ʼn jaar van die skrywerstoneel verdwyn het.
Ilze, Suzie se dogter uit ʼn vorige huwelik was van die begin af nie ten gunste van haar mammie se keuse om met Hein in die huwelik te tree nie. Volgens haar het Hein ʼn erg manipulerende geaardheid gehad wat veroorsaak het dat hy oordonderend opgetree het. Hy het ook ʼn dobbelprobleem gehad en het dikwels geld by haar ma geleen om sy dobbelskulde te delg.
Hein het met geen besittings by haar ma ingetrek toe hulle verloof geraak het. Hy het amper net die klere aan sy lyf besit. Volgens Ilze wou haar ma hom bederf en het vir hom alles gekoop wat hy begeer het. Haar ma het ryk geërf toe haar eie pa oorlede is. Haar pa was die bekende mynmagnaat: Robert Kisting.
Hein het homself paar keer weerspreek in sy getuies in die beskuldigde bank. Hy het getuig dat die rowers sy vrou in die slaapkamer geskiet het waar sy reeds in die bed was. Hy wat Hein is het toe agter die rower aangehardloop en hulle het op vlug probeer slaan. Die een het egter omgeswaai en ʼn skoot afgevuur. Die skoot het hom skrams in die been getref.
Advokaat Jerry Nel het egter die punte aan die regter uitgewys:
– daar was nie bloed in die paartjie se tuin gevind nie;
– daar was nie tekens of bewyse dat Hein agter die rower aan is nie;
– Suzie is volgens Hein in die slaapkamer geskiet, maar sy is in die kombuis gevind;
– die bure het ʼn struweling gehoor vroeër die aand;
– Hein het homself weerspreek in sy getuies van die aand.
Die regter het Hein se bewering van rowers verwerp nadat daar geen bewyse gevind is om sy bewerings te staaf nie. Die regter het voortgegaan in sy uitspraak en gesê dat geen ander vingerafdrukke op die vuurwapen gevind is behalwe die van Hein nie.
Regter Roger Claassen het gesê: “Narsissiste sal alles in hulle vermoëns doen om hulle handelinge weg te steek vir die wêreld. In die oë van die wêreld lyk hulle soos die wonderlikste, vredeliewendste mense!”
Hein is skuldig bevind aan moord op sy vrou, Suzie Horn. Hy is verder ook skuldig bevind aan ʼn klagte van meineed.
Hein het met ʼn uitdrukkinglose gesig voor hom sit en uitstaar toe die vonnis gelees is.
“Dit was ʼn koelbloedige moord en jy het geen berou nie. ʼn Misdaad soos hierdie verdien die swaarste straf moontlik. Hiermee vonnis ek jou, Hein Horn tot lewenslange tronkstraf op jou vrou; Suzie Horn”.
Eenkant in die bank het Suzie se dogter, Ilze die trane afgevee en moeg geglimlag.
“Ek is werklik bly dit is verby en verlig dat geregtigheid geseëvier het”, het sy die pers toegespreek.
©Marlene Erasmus
2023
*Internet foto
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek