Al sou niks meer werk nie
Al sou niks meer werk
Deur Ryno du Plessis
So droog soos Habakuk se verhaal van geen meer beeste of vye nie.
Lande wat geen oes lewer nie; tog leef ons elke dag op God se genade.
Al sou my beursie leeg wees en my gemoed gekneus, sal ek jubel en juig tot God, my Redder.
Al sou niks meer werk nie, weet ek dit is nie vir my om oor te wonder nie.
God het nog altyd voorsien en sal dit weer doen.
Hierdie hoofstuk is maar net ’n les wat ek moet leer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.