Danklied van die paddas
Danklied van die Paddas
Deur Ryno du Plessis
Sterre loer deur klaar gereënde wolke; blitse kuier nog in die verte.
Ver in die veld kla jakkals sy dank; water het die grond bedek.
Paddas sing hul loflied van dank in ’n koor; die natuur los my hart beskoor.
Saam wil ek dankie sê— God het my gebed verhoor.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.