Laaste druppels
Laaste druppels
Deur Ryno du Plessis
Voete slof deur die huis, sopnat buite, ek hoor die gedruis.
Water val op die dak, weerlig knal; die laaste druppels is besig om te val.
Koue wind roep die winter nader, die druppels raak al kwater.
Stadig groet die laaste druppels op die dak, voor hul wegraak in die geut se tik-tak.
Die laaste reën voor die winterdie seisoen oorneem.
© Ryno du Plessis 2026
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtig verwoord