Verlang
Vlamme flikker flou teen kreefnette
en ‘n brander bruis rebels
deur kitaar akkoorde wat sterf
in splinters van gebreekte skulp.
‘n Tafel kraak enkelvoudig
en die afstand tussen die maan en hier
word slegs ‘n hanetree.
Vygies stu deur sproei en stormduin
en ek meet alweer jou voetval
teen die knusplek van die suiderkruis
en dele van my lyf wat ryloop weg van hier.
Kom dagbreek, druip lig deur bloekomlat
maar vanaand gleuf ek in die sekel
wat oor my kuslyn hang.
© Almarie Truter
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.