Jongste aktiwiteit:

Gestroopte hoop

Die houtbalke se grein splinter teen my hoop
hier waar ek elke dag vir jou wag.
Somer het ongesiens geglip tussen ou bome
en dae voel langer toe laatmiddag langbeen skuifel
deur akkerklawer.

Die koraal gloed van ‘n lui son
gooi skadu’s in my nek en ek wonder
of dit net ek is wat met ‘n voortdurende afwesige gees
seisoene sien kom en gaan in hierdie park.

Titsels en ritsel fladder speels teen my enkels
en ek kraak ‘n handvol dooie beloftes
met ‘n wind wat domastrant ruk teen my verweer.
Ek weet ek moet berus
maar lente bloeisel nog op my wang
en ek sit nog ‘n jaar op die brandstapel vir jou.

Die son draai rug en palet geel en goud
tot vuur deur boomtakke knetter.
Herfs sekel met ontblote arms
en troos met ‘n donshaar poeierkwas.

Oranje blanje teen ‘n bleek hemel
en ek trek my jas stywer teen my borsbeen vas.
Môre kom ek weer
miskien is winter dan al hier en sal ek
nog ‘n seisoen nader wees aan jou.

© Almarie Truter




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed