on-ver-genoeg
telkens val dit op my oog en oor
dat jy aweregs reageer
so asof jy weer-speel
oor alle ou onreg
nooit tevrede
soek altyd
meer
on is ‘n ondier vanself
dui dikwels die negatief aan
ver – klink verwyder
van die waarheid
genoeg – dui
op geluk
of nie
deur die duister bril
van onvergenoegdheid
kleur jy die dae in purper
lanfer kleure van hartseer
waaruit jy dikwels stry
om te ontsnap – maar
gewoonte verslaaf
waar laai jy jou genoeg-batterye
waar soek en vind jy jou geluk
lees en leer uit wysheid
die Wysheid is altyd
beskikbaar en eg
vee jou oë uit
en sien reg
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.