Vergeet ou skooldae nooit as te nimmer
soggens vroeg onthou ek was dit ‘n geskarrel
want skool toe moes ons stap en ma maak gereed
met lekker kospakkies en pap
vinnig sluk ons die pap want die skool kan nie wag
wonder altyd wat in ma se gemoed gaan wanneer
ons daar uitstap want lief het sy ons gehad
met ‘n stappie het ons gestap om betyds te wees
voor die skoolklok lui moes jy gereed maak by klas
om die dag se taak aan te pas in huiswerkies
so stil en op my plek het ek my tafel betree
boeke uitgehaal en gereed gemaak vir die les
maar nietemin was ek ook maar ‘n klein karnallie
en het ook maar ondeunde goedjies aangevang
tot die onnie se ontnugtering moek ek ook raas kry
‘n wiks op die hand en siedaar al weer aan die werk
van pouse het ons gehou, want tou spring en rekspring
was die inding by ons klein dogtertjies en praat nie
van die snoepie met al sy lekkernye
gereeld het ouma ‘n tiekie in die hand gedruk
want so sonder niks geldjie kon sy haar kleinkind nie sien
heerlik was die bederfies, vandag is die gemis in haar
vergeet ons skooldae nooit as te nimmer meer
want soveel nonsens partykeer aangejaag
en met liefde is ons daar deur gedra
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.