Peis
Peis (Villanelle)
My foutlyne verrimpel die blanko boeksblad
met my regterhand se sweepslaggende letterswaaie
inkantansie van swart ink wat my verse klad
apatie neutraliseer my wil en wees plet en plat
geen gemarginaliseerde perspektief op my blaaie
net my foutlyne verrimpel die blanko boeksblad
my letters gaan lê onverskillig en sopnat
op die antwoordlose stomheid van ompaaie
dis die inkantansie van swart ink wat my verse klad
my pyn is ongeprint in letters wat spetterend spat
my eie verrotting huigel nie en op al die draaie
laat my foutlyne ‘n verrimpelde blanko boeksblad
dis die wit A4 blaai se wurggreep op die potlood wat
my wond in toegemete skrape met stomp assegaaie
t’wyl die inkantansie van swart ink my verse klad
so roep die rederewolusie my tot ‘n letterdebat
met my gebreekbeitelde pyn stowwerig in lessenaarlaaie
en my foutlyne verrimpel steeds die blanko boeksblad
deur inkantansie van swart ink wat my verse klad
(C)MCH
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek