Jongste aktiwiteit:

Begraafplaasblues

Begraafplaasblues

‘n metropoolse monokultuur

lank reeds verby sy prima uur

gevestig in ‘n straat van volkome rus

soos beloof aan die heiliges van levitikus

waar bleek bakens van beskaafdheid

onheilspellend vandaliserend verweer

deur onbruik het ander wesens hier ingedring

en engele sonder vlerk en neus en vinger en ring

loer met starre blik oor afgebreekte heinings

onkruid en gras en wilde blom groei geweldadig

oor paadjies en rantjies en hardnekkig

deur splete in sement  en gate in graniet

die kindergraffies is wind en weer verweerd

skaars van klip of klont te onderskei

van die heel oues het niks van oorgebly

so loop ek deur vyftig jaar se stille smart

en serksbelletrie uit geliefdes se hart

boikotsbesoeke floreer met tyd

in die wit kameraadskap van vleeslose been

gesterfde in jou graf alleen

na jou kortlontreis is jy uiteindelik tuis

in die stof tot stof se heilshuis

waar jou van en naam nou pryk

op ‘n granietgewel – kyk!

met spreuk en vers en kompliment geїnkorpeer

al was jy geen hoogwaardigheidsbekleër

jul leef nie meer in die lewendes se oë

ander het nou daar ingetrek want

sy dubbelgraf dra so stief en swaar

aan die verlate enkel een, alleen

nou lê en grinnik alger oos

wagtend wagtend wagtend

op die lewendes se hoop

want ook die dodes is gemurg uit God

die groot garansie se geboorteoorskot

een en n elk’ been, wolkwit gevrot

dra sy kodeslot

(C)MCH




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed