GLO WAT JY VRA
Hoeveel keer voel jy nie jy bid teen die muur vas nie ?
Ons is net mens en ons raak moedeloos en teneergedruk. Ons voel partykeer verloor en hulpeloos weens omstandighede en dan kom die baie vrae met min antwoorde.
Tog is daar antwoorde reg voor ons. Mens sien min dinge raak as jy emosioneel is en swaarkry jou kniehalter. Om swaar te kry is nie noodwendig finansieël nie, daar is baie dinge wat ‘n mens se gemoed kan beïnvloed.
Jy kan gesinsprobleme of verhoudings probleme het of jy is bekommerd oor ‘n geliefde se gesondheid of veiligheid.
Daar is letterlik ‘n breë spektrum van dinge wat jou kan laat swaarkry.
Waar lê die antwoorde
dan ?
Die antwoorde glo ek lê by onsself.
Jou gesondheid teenoor ‘n probleem kan ‘n groot verskil maak.
Is ‘n probleem altyd negatief of Kan dit positief wees dat ons ‘n uitdagings daarin kan sien ?
Ons moet onthou dat uitdagings nie na ons toe kom as jy in jou gemaksone is nie, nee uitdagings kom juis wanneer jy ‘n les moet leer.
Met elke les wat ons leer groei jy en as jy groei maak jy nie weer dieselfde fout nie. In die lewe moet ons onthou om die les te leer anders gee jy nie een tree vorentoe nie.
Mens moet altyd aan die beweeg bly in jou lewe, jy val, maar jy staan op en gaan aan.
Maak dit jou nuwe missie om te glo wat jy bid, bid asof jy dit reeds ontvang het wat jy gevra het.
Wees dankbaar en tevrede met wat jy het en ons Vader sal dit wat jy het vermenigvuldig.
Ons is te geneig om op mense te vertrou. Vertrou op God , Hy sal die regte persoon wat luister na Sy opdrag na jou toe stuur.
Ons moet engele in mekaar se lewens wees om te help sonder om iets terug te verwag.
@Loret Zwarts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek