ONTWORTEL
Verandering bring groei en aanvaarding
ontwortel uit ou gewoontes
stof die boekrak van roetine af
bestaan ons net in ‘n sement kasteel
bou jy met ‘n opregte hart lugkastele
op jou rug op die oewer van ‘n kabbelende stroom
dis daar waar jy lê en droom
dan waai die suidewind jou drome deurmekaar
van pers druiwestroop tot liplekker jêm
tuisgebakte brood en sommer oupa se skoot
ons drome spat uitmekaar
deur swaarkry en nuwe idees
krap dit nes ‘n bloudissel alles om
ek gee vir jou die eenvoud
ongekompliseerde liefde
dankbaarheid in twee hande biddend toegevou
ek gee vir jou ‘n deel van my om positief te bly
ek gee vir jou grassade
wat wegwaai in die wind
net die mosterdsaad sal sy plek in jou hart vind
@Loret Zwarts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek