Rubáiyát 3
in oseaan se diep brandervou
geskulp in Sy liefdesoester toegevou
met deiningsbrul Sy liefdespêrels om jou hang
as kristal helder eg druppel dou
wanneer lewensand hard skaaf teen jou wang
laat Vader teer jou trane opvang
as jou waarde verdrink in golwe berou
sal Hy dit met pêrels kom vervang
© Jessica Venter
21/5/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.