Seeman
hy staan teenstrydig en gewaar
laat die emosie hom nie laat gaan
gee vir haar alles wat die aarde omsingel
trap spore vanaf die Weste
gevoelens laat omwentel
met diepe gebare raak hy hart se snare
hoop ook vir n lieflike gebeurtenis
sy eie tydsberekening
loop met skattige woorde rond
strelend laat dit jou omvou
gerus laat voel
al sou jy nie wou
blou is die kleur wat hom laat verbly
sy lewe lank het die seewaters hom gelei
trek n streep in die see se sand
terwyl golwe mekaar groet
soekend vind hul weer mekaar
word spore getrap saam hom weggespoel
wys vir haar landskape en n maan
wat stories vertel
in kleure wat jou oe kan skilder
sy opregtheid gaan nie verby
laat die swart om jou verdwyn
vertrosend
mensdom het n Seeman gekry
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.