Jongste aktiwiteit:

rus

miswolkies hang laag oor duine
snerpende koue winterwind loei
stilte alom duin sak saggies neer
op my duin plek van oordenking

stilte weergalm oor nat seevlakte
stadig draai wind sy rigting suid
nou hoor ek ruwe golwe se geluid
wat ruisend egos pos oor stil veld

nag tuimel duiselingswekkend neer
geen sterre kan gesig wys vanaand
donkermaan lê dig oor st helenabaai
in huis kraak kaggelvuur se hout sag

geen paddasang soos in binneland
geen kriekekoor soos in bosveld nie
enkele verdwaalde meeu se skreeu
wat selde bo lawaai van wind uitstyg

salige stilte wat daal oor rustige nag

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed