Jongste aktiwiteit:

Vanaand het stilte om my kom vou

Vanaand het stilte om my kom vou
die ewige ruimte wat uitstrek
tot anderkant waar geen einder lê,
konsertina ineen om my te beskut-
om my te beskerm teen die seer-
teen die onvaste tolbosswaai
wat my voete lendelam laat trap;
my voete wat gister nog flink kon stap.

Vanaand het die horison geskeef
onder tsunamie van krakende aarde
het die uitgestrektheid gebuig,
maar weer karos God se liefde
soos ‘n tjalie van sagte sybokhaar
warm om my skouers en my hart,
al verstuit ek my tree met ‘n swik
in die los dryfsand van swaar nuus-
daar waar gister nog goeie grond was.

©adéle




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MVvW het n geregistreerde lid geword

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak