Gemmer katjie
Smekende blou ogies
soek net liefde, warmte;
‘n stemmetjie wat huil
roep hartseer vir hulp.
Hy het nie verdwaal nie
maar verlore is hy wel;
soekende na ‘n moeder
wat jy hom ontneem het.
Hy het gekom in onskuld,
maar jy veroordeel hom;
in die straat weggegooi
sonder enige verweer.
Koud en honger stry hy
om te oorleef en hy soek,
vir genade wat jy nie het nie,
mens, hoe is jy so wreed?
30/05/2017 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.