skurwejantjie
ouvolk, jy lyk vanoggend
soos ‘n skurwejantjie wat brom
jou woorde vroeg al soos ‘n gordelakkedis
vol krappe en skulpe wat sny
diep onder jou growwe vel
weet ek lê daar ‘n hart, koudbloedig
maar ook soms sag en teer van liefde
hang net af van prikkels om jou
jou kraalogies tuur wasig
in glassuur gevang tot op my wang
dit sien meer as net veldiep in perspektuur
beoordeel alle sonder verduur
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.