dagboekfrustrasie – (Silwer)
Dagboekfrustrasie – (Silwer)
hoe gereeld moet my linkerhand die middellyn kruis
teen balans indruis om my dagboek oop te vou
‘n poging om gebeure vandag kristalhelder neer te pen
toevertrou aan immer hulpvaardige hotklou
gedagtes genadeloos versluier
deur die slepende spore van inksmeersels
van links na regs
verewig
om gisters vlekkeloos te kan onthou
vir ewig
met geen berou môre weer na regs te reik
middellyn oorkruis
ekwilibrium vergruis
©️Retha van Deventer, Augustus 2025.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Augustus 2025 - Linkshandige projek