H.d.L.
aan wie dit mag aangaan
.
vergeld nie die onreg
maar vergewe en vergeet
mag jy ryk aan lewensvreugde
met bomenslike krag vrede bring
mag jou dag en jou nag net rus bring
wees nie bevrees vir die onheil wat heers
wees bly, verbly jou in jou Skepper
wat almagtig, alomteenwoordig
lewend Sy skepping beheers
Hy wat weet hoeveel hare
daar op jou hoof groei
Hy wat elke Mossie
se lewensjare
bepaal
© Tearlach.
(H.d.L. – Heil die leser)
Â
Â
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.